Nelis & Jana – Ons Getuienis – (Jammer vir die Afrikaans)
Jana se weergawe
In die middel van 2012 het ʼn besoekende spreker by my kerk ons aangemoedig om Here deel te maak van ons diepste hartsbegeertes en spesifiek te wees in die versoeke wat ons aan Hom rig. Sy het ons uitgedaag om net daar en dan die Here iets te vra, maar ook om dit te doen met totale vertroue en verwagting dat Hy wel sal antwoord.
Min het ek geweet dat minder as ʼn jaar later, Hy albei my versoeke sou verwesenlik. My eerste versoek was dat die Here vir my die man sou wys wie hy uitgekies het om my ander helfte te wees. En my tweede versoek was dat my fotografie besigheid uiteindelik meer suksesvol sou word en groei. Dat daar meer geleenthede oor my pad sal kom waarin ek kon leer, assisteer, netwerk en ontwikkel.
ʼn Paar weke na dié Sondag oggenddiens het ek een aand ʼn droom gehad. In my droom was daar ʼn wit muur met ʼn groot rooi hart daarop geverf en voor die rooi hart was daar die figuur van ʼn man. Ek kon nie sy gesig duidelik sien nie – net dat hy ʼn baard het met blou top en broek. En ek het wakker geword met die Here se woorde : “ Die wag is verby ”. Natuurlik was ek super opgewonde, maar ook effe deurmekaar – wat beteken die droom dan, en wie is die man??
“But the Lord works in mysterious ways” en glo dit of nie daardie selfde week (16 Jul 2012) gaan ek deur my daaglikse ‘facebook News Feed’ en die einste foto maak sy verskyning!! Ek was in vervoering!! Wie is die man?? Dadelik het ek my beste ‘spioenasie’ ingespan om die man te ondersoek. Gou het ek geleer hy is ook ʼn fotograaf, maar ter selfder tyd ook gebore Namakwalandse skaap-boertjie in sy hart. Nodeloos om te sê, ek was beïndruk!! Maar wat nou? Hoe nou gemaak Here?
“Wag … Ek het ʼn plan, vertrou My” was Sy antwoord. Maar geduld was nog nooit my sterkpunt nie, so ek’t begin om self ʼn plan te maak om die man te ontmoet (fout). Die 16de Augustus 2012 plaas Nelis het ʼn advertensie op facebook vir ‘n assistent by een van sy vele skoolfoto-shoots. Ek het dadelik besluit dit is my kans en sommer verlof ingesit vir daai dag. Maar die Here het ander planne gehad (net om weereens aan my te bewys HY is in beheer). Aangekom by die shoot vind ek met groot teleurstelling uit dat dit nie Nelis is nie, maar wel een van sy kollegas wat die shoot sou behartig. Baie mismoedig het ek weer gevra – nou wat nou? Weer was Sy antwoord “Wag … Ek het ʼn plan, vertrou My ”.
Op 3 September, ontvang ek ʼn uitnodiging van Veronique Mills (ook ʼn fotograaf), na ʼn kaas-en-wyn netwerkings geleentheid by haar huis. Aanvanklik was ek nie baie gretig nie, maar tog het iets vir my gesê GAAN!! Die aand van 9/11 daag ek toe op by die kaas-en-wyn – baie verlig om ʼn paar bekende gesigte te sien. Omtrent so 30 min na my aankoms lui die deurklokkie weer – en wie anders as die uwe Nelis Engelbrecht kom die vertrek binne. Die oomblik toe ek hom sien het ek geweet – DIT IS DIE EEN!! Van daardie aand af het die Here ons op ‘n reis gevat van vertroue, gebed, BAIE geduld en ‘n hegte vriendskap. Ons het mekaar leer ken – stadig, onskuldig en met BAIE gelag!! Bietjie meer as 6 maande later het Nelis my gevra om sy meisie te wees. En op 27 Junie 2013, in die hartjie van die Drakensberg, het hy my ‘gering’
(Jana Enslin)
Nelis se weergawe. (weet sommer klaar my ma gaan skel oor my taalgebruik hehe)
Wel vandat ek my goedjies die dag op die plaas gepak het om te kom “vrou soek” het ek altyd geweet dat God ‘n groter doel met my lewe het. Wat dit is het ek nie geweet nie. Ek het myself 4 jaar lank voorberei vir my droom vrou, maar sy het nie gekom nie. Ek het al begin gefrustreerd raak met God, want ek doen al die regte goed, maar ek vind net nie my liefde nie. Almal het gesê ek is te vol nonsens en ek het die oulikste vriendinne. Ek het altyd myself voorgestel die dag wanneer ek die regte een ontmoet dat ek sommer dadelik smoorverlief sou wees .
Ek sal by ‘n dansplek instap en rondloop in die saal en as ek niemand sien waarop ek verlief kan raak nie het ek sommer uitgestap en huis toe gery. Tot eendag ‘n goeie vriend en “geestelike pa” Vernon, vir my gesê het ek moet alles wat ek in my vrou soek neerskryf. God weet mos wat ek soek, was my antwoord, maar ek het dit agter in my DFC joernaal gaan skryf. Ek het alles geskryf, tot die fynste detail. Ek het niks teruggehou nie en alles wat ek definitief in my vrou soek neergeskryf. Ek mag mos vra!!
Wel ek het Jana ontmoet by ‘n fotografie netwerk geleentheid en ek het haar nie eens “genote” nie. Ons het bietjie gesels en ek is later die aand daar weg. Ek het Jana glad nie as die vrou-tipe gesien nie. Maar soos dit mos werk het ek een keer ‘n danspartner gekort en ek het haar gevra of sy kan dans en later die naweek was ons lekker Oesdans toe op Franschhoek, steeds geen gevoelens nie. Maar ons het begin vriende raak en “somehow” het sy gereeld by die werk kom surprise met ‘n chocolate, kos, energade en sweets. Sy was net altyd daar en wou net my vriendskap hê. Wel, so het sy my vergesel na geleenthede want ons het mekaar se geselskap baie geniet en baie gelag en ons kon net onsself wees . Niks fieterjasies nie. So is ons op boat trips, verjaarsdae en naweke saam met pelle af plaas toe, maar steeds geen gevoelens nie.
Desember was ons hele familie af Mosselbaai toe na my suster. Jana het vir my huismaat Vicky in George gaan kuier en ek het haar genooi om bietjie saam te kom kuier een aand. Uiteindelik het een aand sommer in ʼn hele week ontaard en daar en ons het so lekker saam met die familie gekuier. My swaers het my later eenkant toe geroep en gevra wat my plan is met die girl, want dis my vrou. Ek het dit afgelag, tot ek dieselfde gesprek gehad het my al my susters, hulle het my een vir een “gecorner” en ek’t voet by stuk gehou ons is net vriende. Hulle het my almal belowe dat as ek haar hart breek hulle my iets gaan afsny.
Wel terug in die Kaap het dit my vreeslik gepla dat ek nie verlief is nie. Almal het vir my gesê dis my vrou, maar ek kon dit nie sien nie, want ek was nie verlief nie. Ek het later besluit om vir Pastoor Vivien van DFC te gaan sien, by hom hoor hoekom ek so voel. Na ons gesprek het hy dit duidelik gemaak dat liefde ‘n besluit is. Sou sy die tipe persoon wees saam met wie jy jou lewe sal kan spandeer as jy die verliefgeid wegvat? My antwoord was ja! Maar dit is verskriklik moeilik aangesien ek graag verlief wou wees!! Maar ek het net by die Here gepleit dat hy vir my ‘n aanduiding moes gee. Ek het vir weke gebid. Ek het later vir Jana laat verstaan dat ek vreeslik jammer is, maar dat ek nie meer as vriende kan wees nie. Ek het gedink dat ek haar hart gebreek het, maar sy was die rustigheid self en wou net daar wees vir my (wat ‘n Blessing).
Een aand toe nooi Jana my na ‘n leierskonferensie by haar kerk en ek het ingestem, want enige vrou wat jou na ‘n kerkbyeenkoms nooi op ‘n Saterdagaand kan jy maar mee saamgaan, mens kry dit nie sommer meer nie. Ek het op pad na die kerk toe by die Here gesoebat dat hy vir my dié aand ‘n bevestiging sal gee, ek het hard daarop aangedring aangesien ek nie vir Jana aan ‘n lyntjie wou hou nie. En die volgende oomblik, terwyl ons in die Blouberg verkeer sit kom trek daar ‘n Silwer Mercedes voor ons in met die nommerplaat “ENSLIN 1 ” (Jana se van). Ek het so ‘n warm gevoel oor my gekry van vrede en ek het dadelik geweet!! Jana het my nog gewys en gevra hoekom ek nou so smile….. ek het net ‘n oomblik nodig gehad. My oë het dadelik oopgegaan en terwyl ons die aand so worship het ek net na haar gestaar en kon ewe skielik nie my oë van haar af hou nie. So ‘n nederige vrou van God, was ‘n ongelooflike gevoel. (ons het later die kar opgespoor deur ‘n vriendin van Jana van haar kerk nadat sy ons getuienis gelees het)
Wel ‘n lang storie kort, vandat ek die besluit geneem het dat ek haar gaan liefhê, het die verliefdheid my oornag oorval. Kon nie genoeg van die meisie kry nie, en hoe meer ek van haar uitvind hoe meer sien ek die prentjie van die vrou wat ek agter in my journal geskets het. Dit was net amazing. Ek het een Sondag in ‘n diens alleen gesit (Jana het gesing in haar worship band by View Church) en ek het begin regmerkies maak agter in my dagboek. Reëltjie vir reëltjie kon ek afmerk en ek was die Here so dankbaar vir haar. En ja, ek het net geweet: dit is dit, ons het 27ste Junie 2013 verloof geraak en is vir ewig dankbaar vir die wonderlike vrou
wat die Here vir my gegee het.
Dis net super amazing!!!!
Net weerens ‘n bevestiging hoe God deel moet wees van die keuse van jou lewensmaat, die beker van “Blessings” loop net oor sodra jy Hom die middelpunt van alles maak, en vir die manne daar buite, soek ‘n vrou saam met wie jy kan bid, dis seker die mees ongelooflikste manier om jou verhouding te begin en dit los klaar die helfte van jou probleme op. Ek is die Here Ewig dankbaar vir so ‘n vrou!!
Nelis Engelbrecht
Loer na ons verlowings fotos hier
9 Comments
Stunning stunning liefdes verhaal. Ek is gek daaroor. Mag God jul lewenspaadjie saam bless.
Stunning stunning liefdes verhaal. Ek is gek daaroor. Mag God jul lewenspaadjie saam bless.
Stunning stunning liefdes verhaal. Ek is gek daaroor. Mag God jul lewenspaadjie saam bless.
Stunning stunning liefdes verhaal. Ek is gek daaroor. Mag God jul lewenspaadjie saam bless.
Dis sooo mooi.
Ek het nou sommer hoendervleis gekry! Die Here is absoluut amazing en Hy bou ons lewens puzzle.
Nelis en Jana, julle storie is pragtig! Julle roer my hartsnare, ek is bietjie emosioneel. Nelis miskien omdat jy my laat dink aan die oogspesialis wat die kanker uit my seuntjie se ogie uitgesny het en hy ook so ‘n sagte mens was met deernis, En Jana jy is pragtig, nadat kanker by my seuntjie gediagnoseer is en na 4 maande van chemo behandeling het God ons geseen met 2 wonderwerke. Marko was genees en ek was swanger met Jana ons 2de wonderwerk. Jana beteken “God is genade” En dan bly ons ook op Mosselbaai. Hier waar julle liefde begin groei het. Alle voorspoed en mag God julle seen elke dag. Dankie Jesus. Amen.
wow,dis ongelooflik! die Here is soo getrou:-))
Awesome! “Wat God saamgevoeg het, mag ‘n mens nie skei nie.” – Markus 10:9